Shana Kotze

Paarl Girls' High

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is 'n prentjie van eenheid,elke kraaletjie vorm deel van die patroon en vloei soos die mooiste storie. My persoonlikheid word uitgebeeld in my rok! Besig met n sprankelinde karakter vol verassings en 'n elegante rabedoe! Die oomblik toe ek my rok oor my kop laat gly kon ek voel hoe "Kaalvoet Shana" verander in die selfstandige jong dame wat straal van selfvertroue wat ek graag wil wees.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Paarl Girls' High

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het geen vooropgestelde idee gehad van hoe my rok moes lyk nie, maar as 'n klein dogtertjie het ek gedroom dat my rok eendag vir my soos Mej.Wêreld sal laat voel. My ontwerper, Tannie Ilse Roux, het 'n paar bladsye vol geskets met verskillende idees, totdat ek my rok aanmekaar kon sit, soos 'n legkaart. Die kleur van my rok is roosgoud,'n kleur wat 'n gevoel van warmte skep en komplimenteer my gelaatstrekke en persoonlikheid.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was beslis die elegante lae oop rug wat my lank en slank laat voel het. Die handaangewerkte kraaletjies wat my rok afgerond het, het elke fyn detail met die fynste draad bymekaar gebring in my droom rok. Ek het so spesiaal gevoel en dit was verseker die mooiste sprokies aand van my lewe!

Datum van matriekafskeid?

2024-09-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media