Semon van der Westhuizen
Wittedrift Hoerskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My keuse was 'n Feeprinses styl rok.
Dit is ń vloerlengte rok met ń naak-illusie korset top. Die bo stuk/top is ook versier met valse 3D blomme en kristalletjies wat afloop en oor die romp val.
Materiale wat gebruik is, sluit in geborduurde blomme naak-illusie gaas vir die bokant.
Glinsterende Katrina knit en denim blou gaas vir die romp wat mooi inpas met die satyn denim blou veter waarmee die rug van die rok pragtig toe ryg.
Sensasuaneel en vroulik sag
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja 18 Sept 2024 te Kay & Monte Vineyards Crags, Plettenberg Baai
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek is gebore met natuur wat deur my are vloei en het 'n groot deel van my grootword jare op die plaas groot geword.
Ek was nog altyd gesien en geken as die familie 'tom-boy' wat eerder in die veld en tussen haar perde en diere wil wees as binne die huis of iewers in 'n kuier plek - dit was so lekker om die "WOW" op almal se gesigte te sien
Die keuse van my rok was spesifiek om die metamorfose wat ek van my dogtertjie dae tot hier waar ek vandag is te illustreer - as daar een ding is wat ons as mens altyd toe instaat is, dan is dit groei
Natuur was my inspirasie en die skoonheid daarvan, die illusie van blomme en natuur wat oor en deur my groei
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Dis moeilik want alles aan my rok was perfek en soveel beter.
Ek het aan oom Riaan Swift (my ontwerper) verduidelik dat ek die illusie van blomme wat oor my skouers en regoor my bostuk groei wil skep, dit moes basies lyk asof my rok deur die blomme en rank plante aan mekaar gehou moet word - hy het presies net so gesien en dit omskep in 'n droomrok wat ek vir ewig sal koester
Die natuur en die wonder daarvan is die steunpilaar van my lewe, ek voel dit is presies net so deur my rok weerspieel en deur gebring.
Ek het gevoel soos 'n bos feetjie, sag en vroulik, sexy en smeulend sonder om te veel te wys, mooier as in my lewe ooit
My ouers en Riaan het my droomrok vir my 'n werklikheid gemaak en ek sal dit vir ewig koester
Datum van matriekafskeid?
2024-09-18