Sariette Kuperus
Hoërskool Bergvlam
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het 'n een skouer snit gekies omdat ek nog nie van tevore so 'n snit gedra het nie. My rok is 'n pragtige ligte sjampanje kleur met 'n knoop aan my linker kant as fokus punt en dan natuurlik ook 'n spleet om so bietjie been te wys.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het vir lank nie geweet wat presies ek soek nie so toe gaan soek ek bietjie rond op Pinterest en kom toe op 'n paar mooi rokke af. Ek het toe dit wat vir my mooi was van elke rok saam gesit in 'n foto collage. Die fenominale Lynmarie Griffioen het my Pinterest fotojies gevat en dit omgesit in die rok van my drome.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my matriekafskeidrok sal verseker die fokuspunt knoop wees. Ek het dit nog nie baie in rokke gesien nie en dit het my rok net soveel meer lewe en persoonlikeheid gegee.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19