Sarah Smith

Hoërskool Kempton Park

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok het begin met 'n gewone "pre-"loved rok wat met die hulp van my ma omskep is in my weergawe van 'n Aspoestertjie-rok. Die oorspronklike rok waarvan ek gedroom het, sou ongelukkig nooit 'n werklikheid word nie, aangesien my ouers nie dit kon bekostig om daarvoor te betaal nie, aangesien ek uit 'n groot gesin (met 3 jonger broers en susters) kom. Ons het gekyk na die rokke wat ek reeds besit het en van daar af begin werk aan ontwerpe... Vir my eerste dans het ons twee verskillende kleure net_materiaal geneem wat my ma aan my rok gewerk het, met die hulp van skoenlapperkant om die stikwerk weg te steek. My ma het toe op die een laag onderaan blomtoepassings gewerk om dit 'n ander voorkoms te gee. Ongelukkig, by my eie dans, was die rok geskeur, en my ma het 'n week gehad om met 'n plan vorendag te kom om dit reg te maak, voordat ek my tweede dans bygewoon het. My ma het wondere verrig en teen die Saterdagoggend van die tweede dans het ek 'n mooier rok gehad. Hierdie was die perfekte rok vir my, nie net omdat dit iets amper 100% handgemaak was nie, maar dit is met liefde gedoen, herinneringe is gemaak terwyl die rok in produksie was, en het 'n spesiale betekenis vir my. Blomme begin klein, net soos ek, dan beeld die skoenlappers in die middel uit wat vlerke sprei en nuwe avonture aanpak en na die sterre (die blink kolle op die bolyfie) uitreik.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Kempton Park (21/9) en Hoërskool Zwartkop (28/9)

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok was die storie van Aspoestertjie, want sy het van 'n nederige begin af begin en 'n prinses geword. Ek wou vir almal wys dat jy nie geld in die bank hoef te hê om soos 'n prinses te kan lyk en voel nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was die onderste deel, nie net as gevolg van die mooi blomtoepassing nie, maar omdat alles in die lewe van die grond af begin, en wanneer jy draai, draai dit soos 'n regte prinsesrok.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media