Sanmari Fourie

Brackenfell Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek kon nie besluit tussen net blou of net geel nie,so hoekom dan nie albei wat n skynsel van groen/turcoise skilder nie?

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Brackenfell Hoërskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Kleintyd wou ek altyd die prinses in die sprokiesverhaal wees,maar snaaks genoeg is ek nie juis iemand wat hou van rokke dra nie,maar toe my ma vir my sê ons kan die rok laat maak was ek in ekstase. My inspirasie was Belle se helder geel rok en die blou pak van die monster in Beauty and the Beast. Iets aan daardie twee kleure en die storie wat die twee karakters saam deurmaak het my nog altyd fassineer. So deur die blou en geel te kombineer word n unieke kleur geskep,n kleur wat nie sou kon bestaan sonder een van die twee onderskeie kleure nie. Nes die mooi wat nie sou kon bestaan tussen die twee sprokieskarakters as dit nie was vir Belle se goeie hart nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Definitief die onderste gedeelte wat uitpof en bestaan uit lae van blou en geel net wat volume gee. Daarmee saam ook die goue blinkertjie patroon op die bodeel wat oorloop om n vloeiende effek te weerspieël.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media