Salina Esterhuizen
Stellenberg Hoërskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek is mal oor blou en my grootste droom was om n matriek afskeid rok te hê wat anders is as die res !
Iets wat my persoonlikheid uitbeeld en uniek is!
Elke fyn detail van die moue tot die val van die rok is n klomp idees wat ek saam gesit het om my sprokies rok te finaliseer! Die moue het my laat dink aan daardie prinses sprokie effek! Die korset met die fyner details soos die blomme en blinkers is persoonlik gepas, want my ma noem my haar blomme kind en die diamante verwys na my sprankelende persoonlikheid. Die verskillende kleure blou aan die onderkant van die rok beeld my verskeie godgegewe talente uit !
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Paul Roos gimnasium
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Elke meisie droom van kleintyd om prinsesmooi op haar matriekafskeid te lyk - om die prinses in haar eie feëverhaal te wees. Van kleintyd af het ek n liefde gehad vir sprokiesverhale en prinsesrokkies dra ! Daarom het ek besluit ek wil my matriekjaar en matriekafskeid op n hoë noot afsluit en my "fairytale ending" n werklikheid maak ! Ek het inspirasie gevind in die Cinderella -sprokie , want sy is n goeie voorbeeld van n sterk vrou wat deur alle negatiwiteit wat sy ervaar het , nooit ophou droom het nie en aan die einde haar “fairytale ending” gekry het.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Elke deel van my rok is vir my asemrowend ! Daar is soveel fyn detail. Die verskillende kleure blou was beslis vir my besonders en die korset met die fyn details. Die moue was ook vir my n treffer, want dit het my rok so mooi afgerond! My gunsteling deel van die journey om my rok te finaliseer was elke besoek aan my rok ontwerper Braam Lombaard. Hy het n absolute liefde en passie vir sy werk en wat dit vir my meer spesiaal maak is dat hy n gehoorgestremdheid het . Ons huidige mej. SA wat ook gehoorgestremd is , het haar eie drome steeds bewaarheid , net soos Braam syne het: om elke meisie soos 'n droom te laat lyk en voel. Hy het my droom rok ontwerp presies soos wat ek dit wou gehad het !
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19