Sadi Vuren
Hoërskool Zwartkop
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek wou 'n rok ontwerp wat my peroonlikheid weerspieel. Die tipiese ou "hollywood look". Daarom is my rok skitterrend onder helder ligte. 'n Rok wat mense se glimlag breër maak en hul oë maak glinster. Maar bowenal het ek my rok donker "emerald" laat maak om vir mense te wys, hier is ek en ek glinster met of sonder 'n lig wat op my skyn.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Zwartkop
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het die Bring jou hart DvD van Juanita du Plessis en Theuns Jordaan gereeld saam met my gesin gekyk en Juanita het 'n donker groen skitterde "emerald" rok gedra. Dit het my mond laat oopval toe ek dit die eerste keer aanskou het. Ek is self 'n sangerres, maar ek het nie die optrede gekyk vir die musiek nie, maar wel vir die pragtige rok wat my altyd laat dink het, "dis hoe elegant ek eendag wil lyk". Roedolf D Fashion Atelier wat my rok ontwerp het is ironies genoeg haar stileerder en hy het daai einste groen rok vir haar ontwerp. Ons paaie het toevallig gekruis en hy het vir my, my rok gemaak sodat ek dieselfde kon voel soos wat Juanitta meer as 10 jaar terug gelyk het. Nou kan ek sê, ek het ook my elegansie ontdek.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die manier hoe my rok my maak voel het. Ek het mooi, elegant en "unstoppable" gevoel. Nadat my hare en my grimering klaar was en ek uit die deur met my rok gestap gestap het, het die mense wat in die kamer was saam my letterlik asemloos na my gestaar. Daadie gevoel het my laat dink aan kere wat ek op die verhoog gaan en jy as akteur het die gehoor se aandag op die punte van jou vingers. Net jy is in beheer van hulle reaksie of emosies. My rok was die emosie. Die mense se reaksies, soos my skoolhoof wat vir my gese het "jy lyk asof jy uit n modeboek uitkom". Daardie woorde was die highlight van my hoërskool loobaan gewees. My rok was die begin van die manier hoe ek die res van my lewe met selfvertroue gaan aanpak.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-28