Rozanne De Beer
Hoërskool Brits
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok se ontwerpkeuse was glad nie beplan nie,maar die eerste keer wat ek hom aangepas het,het hy totaal en al my hart gesteel!
Die goue blare wat inmekaar vloei reg oor my rok was vir my n vorm van eenheid soos alles bymekaar gekom het,die lae rug was ook n definitiewe element vir my,wat elegansie uitstraal.
Die losmaakbare vlerke wat aan my rok vas was het die ekstra gesofistikeerde detail bygesit waarna ek gesoek het,sodat ek soos n Griekse godin kon lyk en voel.Die vlerke was vir my n simbool om myself te herinner aan my vlerke wat ek moet sprei en om my drome te gaan najaag.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Brits
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My hoof inspirasie vir my matriekafskeidrok was om soos n Griekse godin te kon lyk.Om klasiek en stylvol voor te kom was bitter belangrik vir my.Ek het gevoel dat ek deur my rok my persoonlikheid,hart,siel,en elegansie moes uitstraal,maar steeds myself te bly in die proses.
N sagte maar tog prominente eerste indruk!
Ek wou die gesofistikeerde,sterk jong vrou wat ek is uitbleed,maar terselfde tyd steeds die sagte kant ook wys.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my matriekafskeidrok was definitief die losmaakbare vlerke en die goue blare regoor my rok.
Die vlerke het my herinner aan die feit dat ek soms kan vergeet waartoe my vlerke instaat is,en soos dit in die wind gewaai het,het dit my weer herinner om my vlerke te sprei en vir niks terug te staan nie,want ek is tot alles instaat deur Hy wat my krag gee!
Die goue blare wat alles inmekaar geloop het,was vir my n simbool van eenheid en dat alles wel saamkom op die ou einde van die dag.
Die vrug sal wel dra,maak nie saak hoe lank dit mag neem nie,moet net nooit moed verloor nie.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-18