My sagte A-lyn rok het die tydlose Regency-estekia en romanse gekombineer met modernde sensualiteit. Die dromerige sagvloeiende glinsterende blou tulemateriaal het met met elke ligstraal gespeel, en die delikate afskouer-poffermoutjies en geborduurde korsetlyf met blomdetail het die romanse van ‘n vergange era weerspieël, terwyl die hoë dyspleet ‘n komtemporêre wending gebring wat iets van my moed, selfvertroue en persoonlikheid gesimboliseer het.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Parel Vallei
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie vir my matriekafskeidrok is geput uit die tydlose elegansie en romanse van die karakter Daphne in die gewilde TV reeks Bridgeton, wat afspeel in die Regency tydperk in Londen, van 1811 tot 1820. Hierdie era is gekenmerk deur weelderige dansballe in balsale met kristalkandelare en asemrowende detail soos fyn roospleisterwerk op die plafonne, en sierlike, romantiese modes, met dames wat grasieus oor marmelvloere sweef, in rokke wat soos sagte wolke om hulle vou. My droomrok moes my kon terugneem na vervloeë dae en my die kans gee om vir een aand deel te word van ‘n towerwêreld wat ek nog altyd deel van wou wees.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van die rok was beslis die skouerlose korset wat my soos ‘n handskoen gepas het! Die delikate blomdetail en luukse borduurwerk het mekaar sterk gekomplimenteer, en het my liefde vir tydlose klassieke ontwerpe aangespreek. Omdat die korset my silhoeet so mooi afgewys het, het dit my vol selftroue en beeldskoon laat voel, asof ek aan die hand van my prins in ‘n balsaal insweef, met die perfekte fyn balans tussen elegansie, bekoring en waagmoed.