Rosa-Marni Pienaar

Windhoek Afrikaanse Privaatskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Van kleins af het ek gedroom oor ń feetjie-pienk rok, wat perfek my persoonlikheid en karakter weerspieël. Dit was vir my ongelooflik belangrik dat my rok presies is wat ek wou gehad het, en waaroor ek gedroom het, daarom het ek deur ongeveer 5000 verskillende tipes materiale en snitte gegaan. Daar was net een ontwerper wat my drome waar kon maak, en dit is Anel Botha. Ek het al in Graad 7 (2017) geweet sy gaan my rok maak, toe ek Demi-Leigh Nel Peters (nou Tebow) se Mej. Heelal rok, op die verhoog gesien skitter het. Anel het al in Mei my droom rok in my hande geplaas, toe ons dit gaan haal het by haar ontwerpershuis in Johannesburg, omdat ons al in Desember van laasjaar daaraan begin werk het. Sy het werklik vir my alles gegee waarvoor ek gehoop het, en al my verwagtinge oortref!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media