Ronette van Nikkelen Kuyper



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Die lewe is vol uitdagings, maar ongekende hoogtepunte is 'n avontuur. Ek wou nie net 'n matriekafskeidrok hê wat aan verwagtinge voldoen nie, maar een wat merkwaardig, stylvol en "WOW" uitspel.
Antionette Martens, ontwerper van Groblersdal het hierdie droom 'n realiteit gemaak. Sy was van ons eerste ontmoeting af so profesioneel en het presies verstaan watter tipe rok ek graag wil hê. Sy het uit haar pad gegaan om hierdie merkwaardige rok met soveel liefde en toewyding te ontwerp en te maak.
Die materiaal is stukkie vir stukkie uitgesny om 'n unieke patroon te vorm wat dan afgerond is met fyn donkerblou veertjies. Die res van my rok het bestaan uit sagte net wat geskitter het met elke beweging.
Hierdie ongekende hoogtepunt is vas gevang as ewigdurende herinneringe deur die fotograaf, Denise Joubert.