Ronel Basson
Hoërskool Nelspruit
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Lymarie Griffioen Couture het van graad.10 af al my revue rokke ontwerp. Wat indrukwekkend is van haar is dat ek elke jaar tussen 6 en 8 rokke nodig gehad het as MC van NHS se revue en elke rok was n meesterstuk op sy eie! So toe dit tyd was vir my matriekafskeid rok het sy vir my gesê "ons los die beste vir laaste!" My rok het ons saam ontwerp en na BAIE ure se "handstiching" het sy verseker die beste vir laaste gehou!
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Nelspruit
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Elegansie en uniekheid. Die hande werk van die bo-stuk is iets wat niemand anders kon hê nie. Die kleur van die rok is gekies om by my oë te pas.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Verseker die opgewondenheid van elke keer die rok te gaan aanpas en dan elke keer te sien hoe die rok vorm en n droom ń werklikheid word.. amper soos n boek wat jy lees en jy nie kan wag om die volgende hoostuk te lees nie!
Datum van matriekafskeid?
2024-07-21