Rone Skinner

Maragon Mooikloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het besluit om n rok te kies met n romantiese fleur. n Uitsonderlike sjampanje pienk kleur met sagte kant en net wat my sagte geaardheid uitbeeld. Die boonste gedeelte is n nou passende korset met die onderste helfde wat uit verskillende lae sagte net bestaan. Die hele rok is versier met borduurde kant uitknipsels wat met die hand vas gewerk is. Dit was belangrik vir my om n styl te kies wat nie net stylvol voorkom maar ook klassiek is. Ek is baie nostalgies van aard en wil virewig terug kyk na my matriek afskeid rok as elegant en tydloos.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media