Ronè Rieger
Windhoek Gymnasium



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Inspirasie: Ons is mal oor Oktobermaand wanneer laventelklokkies aan die arms van Jakaranda bome hang en soos n pers kombers oor die stad vertoon. Dit herinner ons aan n salige somer wat wag! Laventel is ook haar ouma Ree se gunsteling kleur!
Rok: Stylvol, luuks en passievol …. tog vroulik, sag en elegant. Wanneer die sonstrale dans oor die rok, vertoon dit spelerig, lig en vloeiend. Rok en persoonlikheid, perfekte pasmaats! Die kleur, asemrowend en het Ronè se ligte gelaatskleur en grimmering perfek gepas! Effens langer agter vir “drama” soos die kenners sal sê!
Ervaring: Ma’s, parfuum en senuwees. Blomme, skoene en kamaras. Karre en pakke, n perfekte dag! Rondomtalie reis! En …..NETSO is dit verby!