Romé Swart
Hoërskool Duineveld
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek is ‘n meisie wat wat baie van eenvoudige goed hou, dus wou ek my ontwerp so eenvoudig as moontlik hou. Al was die rok eenvoudig wou ek nogsteeds gehad het dat dit n moderne styl moes hê.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Duineveld
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My insperasie vir die rok kom al van kleins af. Ek is ‘n persoon wat by n idee hou as ek aan een dink. Ek het baie na prinses stories gekyk toe ek klein was. Ek het as klein dogtertjie besluit dat ek soos n prinses sal lyk op my matriekafskeid. Omdat ek soos n prinses wou lyk het ek besluit dat ek n tipe ballgown rok wil hê met n half flair in plaas van n full flair, sodat dit baie gemaklik en beweeglik sou wees. My gunsteling kleur al vandat ek 3 is, is rooi. Ek was nog nooit die pienk tipe meisie nie. Rooi was my kleur. En gelukkig vir my, pas diep rooi baie mooi by my velkleur. Ek het ook bietjie shimmer by die rok gesit, omdat alle prinsesse se rokke altyd êrens in n fliek n bietjie geshimmer het. Die klein detail op my rok soos die V shape voor wen agter is uit en uit omdat ek bietjie van vandag se mode en styl tot die rok wou toevoeg. My matriekafskeid rok se insperasie was verseker deur ‘n sprokie en ek wou gehad het dat my matriekafskeid my sprokie moes wees met die perfekte rok wat my soos n prinses sal laat voel en lyk.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling gedeelte van my rok in verseker die kleur van die rok. Dit is ‘n baie mooi diep rooi met ‘n koel ondertoon en nie ‘n warm ondertoon nie. Hierdie rooi is nie soos ander rooie nie. Daar is nie eers ‘n bietjie oranje in nie, omdat die kleur ‘n koel kleur is. Dit is ‘n baie skaars rooi, veral in materiaal en veral in die Noord-Kaap waar ‘n mens se opsies op lap baie meer skaars is as in Gauteng en die Wes-Kaap. So ek was baie gelukkig om my droom lap en kleur te gekry het vir die rok, en dus is dit my gunsteling
Datum van matriekafskeid?
2024-04-09