Robyn Welthagen

Paarl Gimnasium

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het n vleiende en stylvolle ontwerp in gedagte gehad en daar moes verseker sakke ingevoeg word. Met die kleur was ek eers versigtig en wou dit veilig speel met n sagte skakering, maar wie nie waag nie!!!!!! Met Ilse Roux se bekwame raad en leiding was dit net so n maklike en lekker proses, daar was spasie vir my eie idees ook en saam was die perfekte prentjie op papier geskep. 'n Elegante skouerlose A-lyn ontwerp in waarlemoen-kleur. Nooit sou ek dit self beter kon optower nie. Die materiaal het die mooiste gedetailleerde kralewerk daarop wat die heeltyd glinster. 'n Drie-dimensionele val het die hoë slip mooi afgerond en beweging en oemf ingebring!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Paarl Gimnasium

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Korsette was nog altyd vir my baie mooi en fassinerend hoe dit struktuur gee aan n ontwerp. Ek het gehou van die idee dat die bostuk van die rok, meer styf is met die "boning", terwyl die onderstuk meer los en vloeiend is.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel is die drie-dimensionele valle rondom die slip. Dit het so n mooi Spaanse gevoel daaraan gegee. Vanaf die eerste keer wat ek dit aangetrek het, wou ek net dans en beweeg daarin en dis hoe n rok jou moet laat voel :) Alles van die rok, die kleur, patroon en tekstuur het my goed laat voel.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media