Ri’ann Bester

Hoërskool Transvalia

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Van die begin af het ek geweet dat ek wou fotos neem met my perd, dit is waarop ek die wye, breë patroon van my rok gekies het. My rok se ontwerp is gebasseer op Aurora van Maleficent, die sprokiesverhaal oomblik van my drome. Ek is van kleins af nie 'n modepoppie nie en daarom wou ek my hare en grimmering baie minimalisties gehou het maar dat dit steeds by die sprokies effek in pas en sodoende my rok as hoof fokus maak. My kleur van my rok was 'n missie op sy eie, ek het verskeie kleure aangepas maar nie regtig iets wat my oog gevang het nie totdat ons by die materiaal winkel in gestap het en hierdie seeblou-groen materiaal my oog gevang het, die oop rug en verskeie blommetjies het alles net perfek gepas.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media