Riané Strauss
Oranje Meisieskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het as klein dogtertjie al gedroom van n blou matriekafskeidrok. Ek het besluit op my rok se koningsblou kleur, nadat soveel mense vir my gesê het dat dit mý kleur is en my oë so mooi komplimenteer. Die boonste pofferige, afskouer gedeelte van my rok is vir my stylvol en elegant en het my rok net daardie “ekstra bietjie” gegee om uit te staan. Die paar knopies aan die agterkant rond ook vir my die rok mooi af.Die grootste ding vir my was nie noodwendig om die mooiste te lyk nie, maar wou eerder hê dat mense moes sê “Riané, dis so JY”. En dit is die presiese woorde wat ek meer as een keer op my spesiale aand kon hoor. Ek dink nie daar is enige rok wat beter by my kon pas nie.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Oranje Meisieskool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Oorspronklik het ek n rok gekoop en nie gedink dat ek n rok sou laat maak nie, totdat ek na nog n matriekafskeid gevra was. Ek moes na 5 Junie toe n plan maak om nog n rok in die hande te kry. Ek en my ma het toe besluit om maar die kans te vat en vir Elheathcoat te kontak met die hoop dat sy nog n plekkie sou oop hê om my te help. Ek en my ma was nog die naweek voor my eerste afspraak op n wilde soektog na die perfekte rok wat ek in gedagte gehad het. Ek het my idee vir Elheathcoat gewys en haar ten volle vertrou met die maak van my droomrok. En na my 3de pas het ek en Ma trane in die oë gehad toe ek in my prag Cinderella rok voor die spieël staan. Asemrowend en mooier as wat ek ooit kon droom. DIT WAS WERKLIK PERFEK! Dankie tog vir Hennie, my ander matriekafskeid metgesel, wat sonder dat hy enigsins geweet het vir my die geleentheid geskep het om MY rok te kon laat ontwerp.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van die rok was dan natuurlik die boonste pofferige gedeelte wat vir my uitgestaan het en die rok uniek en spesiaal vir my gemaak het. Dit gee aan die rok n sagte, vrolike en vroulike eienskap. Dit pas ook by my persoonlikheid en beeld my menswees perfek uit. Dit het my ook soos n ware prinses laat voel op my spesiale sprokiesaand en ek kon gemaklik en vol selfvertroue rondloop.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19