Renschie Engelbrecht

HOËRSKOOL BEN VORSTER

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Dis seker elke meisie se droom om die mooiste rok vir haar matriekafskeid te kies. Toe ek myself in die spieël sien by Tres Jolie Bridal & Evening Wear, het ek geweet die rok van Alyce, is vir my. Dit was so spesiaal om die oomblik met my ma te kon deel. Die styl het my lyf en blonde hare gekomplimenteer. Die diepblou met die silwer gebordeerde stikwerk het my oë se blou kleur laat uitstaan. Die sagte lae van die rompdeel was baie gemaklik om in te beweeg en was net wat my fotograaf nodig gehad het om die mooiste foto’s te neem. Ek het nie een oomblik ongemaklik in my rok gevoel nie en kon die hele aand met selfvetroue geniet.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media