Renscha van Wyk

Klerksdorp Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ‘n besonderse kleur wat gemeng is met ‘n sagte goud, helder pers en sagte pink om die finale kleur skakering te kry. Dit maak my rok besonders want die lig se weerkaatsing op die detail werk het beweging en lewe in die diepte van my rok geskep.Die krale werk is met soveel sorg en presisie aan gewerk wat verder my rok laat lewe het. By dit het ek ‘n rapsie blou met sentimentele waarde in gesit. Die sagte sleep het soveel beweging gegee. Ek het regtig gevoel soos ‘n prinses wat net heeltyd wou swaai en draai.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Klerksdorp Hoërskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was om anders te wees en ‘n kleur rok te laat ontwerp wat speel met die oog. My pa was die inspirasie gewees vir die blou stene op my rok.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die blou op my rok simboliseer die liefde van my pa aan my vanaf geboorte en die manier hoe hy my kon rustig sus op die lied “Blou balon” terwyl ek diep in sy blou oë kon staar.Die strukkies op my skouers laat my soos n prinses voel wat die innerlike klein dogtertjie in my uit bring.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media