René Ackermann

Hoërskool Zwartkop

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My wens was nog altyd om ’n matriekafskeid te hê wat uniek en elegant sou wees. Ek wou graag ń rok hê wat die tema "’n Oomblik in Tyd" sou weerspieël en van ver af ń indruk kon skep. Ek wou nie net my matriekafskeid geniet nie, maar my eie Aspoestertjie-moment op die rooi tapyt beleef. Na vele beplanning en soeke na inspirasie vir die perfekte rok (glo my daar was baie) het ons besluit om met die hulp van Sarlou Struwig ’n rok te ontwerp wat al my wense kon beantwoord. Ons het besluit op ’n "mermaid" styl, omdat dit klassiek was en my figuur op die beste manier sou vlei. Die rok het ’n elegante slit aan my linkerbeen gehad, wat my die vryheid gegee het om gemaklik te beweeg. Vir die halslyn het ons ’n asimmetriese ontwerp gekies, wat nie net uniek was nie, maar ook die uurglasvorm pragtig verteenwoordig het, in ooreenstemming met die tema. Die korset was vir my die mees betowerende deel, met fyn besonderhede wat hier tot lewe gekom het. Ons het oneweredige voue bo-op die korset gedrapeer om ’n unieke tekstuur te skep, terwyl die asimmetriese vorm die halslyn mooi gekomplimenteer het. Die kristalbesonderhede was sorgvuldig saamgestel met individuele diamantsteentjies wat van die linkerkant se naat meer na minder gerangskik was, om ’n pragtige vuurwerkeffek te skep. Die ligte "peppermint-blou" kleur was geïnspireer deur een van Princess Grace Kelly se legendariese Oscar-rokke, wat ’n silwer glans gehad in die regte lig wanneer ek met die rok geloop het. Ek het silwer diamant oorbelle saam met fyn diamant ringe gedra om die hele "look" verder af te rond. Alhoewel ek nie my glas skoene vir die geleentheid kon vind nie, het die sprankelende diamantskoene beslis my sprokie voltooi.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My grootste inspirasie vir die rok was vanaf Princess Grace Kelly en Audrey Hepburn se styl. Ek het ook die sprokie Aspoestertjie gebruik om ń rok idee te visualiseer wat fyn detail sou hê maar nog steeds ń indruk kon skep.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok was beslis die korset omdat hier al die verskeie fyn detail bymekaar gekom het.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media