Quinne Rossouw
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
STYLVOL, SJIEK, "SHOW STOPPER"
Dít is presies wat ek in my matriekafskeid rok gesoek het.
Dit was al vroeg in my hoërskoolloopbaan toe ek besluit het hoe my matriekafskeidrok eendag gaan lyk – 'n stywe rok met groot frille. Die enigste aspek waarop ek nog nie besluit het nie, was die kleur, maar die oomblik toe ek die helder oranje materiaal aanskou, het dit my naam geroep. Danksy die mode-ontwerper, Carike Nel, is my persoonlikheid in my rok vasgevang en my droom verwesenlik.
Ek het nog altyd 'n matriekafskeid beskou as 'n feesviering en 'n dag om die afgelope 12 skooljaar af te sluit op 'n hoë noot. My rok was vol PRET, PLESIER en PARTYTJIE !