Olivia Smit
Hoërskool Nelspruit
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek wou ń rok uniek aan my persoonlikheid dra. Nie ń rok wat mens net sommer in ń winkel kan gaan koop nie. Ek het geweet ek wil ń rok met ń korset en pofferige onderstuk dra. Ons was gelukkig om tannie Christa Verwey te kon kry om my rok te maak. Sy kon my idees neerskets en tot lewe gebring het met haar ervaring en talent.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou soos ń prinses lyk en voel. Ek hou van mooi aantrek en myself opmaak. Ek het hordes beskrywings gaan google om fotos te kry wat die prentjie in my kop verteenwoordig. Ek en my ma het ook in die materiaalwinkel se boeke gekyk om ń basis te kry van my idee. Die kleur was ook baie belangrik. Dit moes elegansie en styl ooze. Toe ek die wynrooi lap sien het ek geweet dit is diè kleur.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok is hoe gemaklik en mooi ek in my rok gevoel het. Die rok was spesiaal vir my gemaak en ek konnie meer spesiaal en mooi gevoel het in my rok nie. Van die korset tot die valle en die blinkers...alles was net perfek.
Datum van matriekafskeid?
2024-07-20