Olivia Schalkwyk
Hoerskool Eldoraigne
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My sagte, romantiese balrok is 'n vrolike liggeel kleur versier met skitterende silwer kant, gedetaileerde korset en 'n elegante lae rug. Dankie Tres Jolie Evening wear dat julle aan my die 'Alyce of Paris' ontwerpersrok verkoop het, en so my droom bewaarheid het om soos 'n werklike prinses te kon lyk en voel.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja, 20 September 2024
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
In graad 1 het ek vir almal vertel ek gaan eendag 'n prinses word. Die matriekafskeidrok het my die perfekte geleentheid gebied om tenminste vir een dag soos 'n prinses te lyk en te voel. Die ligte geel van my prinsesstyl rok is vrolik, vroulik en romanties en ek het dit gekies omdat ek opsoek was na 'n rok wat my uitgaande, warm persoonlikheid kon weerspieel.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die gedetaileerde korset van my rok met die sprankelende silwer kant, versier met diamante van bo tot onder, het my laat skitter in die lig en die feit dat my rok steeds lig, gemaklik en 'n fees was om in te dans en 'n onvergeetlike matriekafskeid te geniet.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20