Olivia Liebenberg



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het n elegante, vroulike en romantiese styl gekies vir my matriek afskeid rok. Dit is vir my belangrik dat natuurlike skoonheid, persoonlikheid en n uitrusting saam werk aan die geheel beeld. Ek het 3 verskillende lap gekies om blomme uit te sny en n sagte pienk as n basis. Die blomme steek effe oor die rante van die hals en lae rug om die lyne te versag. Ek het op n eenvoudige haarstyl besluit om die klem op die rok te plaas en natuurlike grimering. My skoene en naels was ‘n neutrale kleur om n vars en moderne effek te skep.
Almal wat bygedra het tot my voorbereiding en rok is naby vriende en dit was n baie persoonlike ervaring. My Ma se vriendin het die basiese rok gemaak. Daarna het my Ma, wat ‘n kunstenaar is en juwelier is, die blomme, brokaat en Swarovski kristalle op gewerk en my Sterling Silwer en Perel oorbelle gemaak. My grimering, hare en naels is gedoen deur familie vriende wat Salon en Spa eienaars is. Elke stap was spesiaal en ons het lekker gelag en gesels.