My koningsblou rok was werklik ń rok waaroor ń prinses net sou kon droom. Die rok het ń korset vir die boonste gedeelte gehad met elegant gedrappeerde valle vir die romp. Ek het ń mou aan die linkerkant gehad met ń sleep wat die hele beeld bymekaar getrek het en ń pragtige vleiende effek geskep het. Gesaamentlik met die additionele kenmerke soos die uitknippsel op my heup en been gleuf het die rok ń uurglas illusie geskep.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Afrikaans Meisies Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
In aanlyding van die tema van ons matriekafskeid, "Edelstene", het ek ń helder koningsblou rok gekies wat inspirasie trek by die kleur van Blou Saffier. Natuurlik is niks per toeval nie en Blou Saffier is Oktober maand se geboorte steen, die einste maand waarin ons matriekafskeid plaasgevind het. Die rok se vorm en draperings was geinspireer deur Antieke Griekse mode en standbeelde.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunstelling deel van die rok was die mou. Dit het die snit net heeltemal verhef. Die lap wat tot by die grond geval het-het perfek saam met die sleep gevloei en die drapering van die skouer het pragtig aangesluit by die valle van die romp om die algehele voorkoms van die rok bymekaar te bring. Dit was ook afhaalbaar sodat ek gemaklik kan dans wat vir my ń plus punt was.