Ninke Otto

Leeuwenhof Akademie

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My martriekafskeidrok was vir my baie belangrik. Ek beeld myself uit deur die klere wat ek dra en my matriekafskeidrok is nie 'n uitsondering op díe reël nie. Ek het geweet my rok moet roesrooi en bruin wees omdat dit die kleur van my vel en oë komplimenteer. Ek was baie gelukkig met die materiaal wat ek gekry het, want ek wou iets kry met n patroon, en ek is mal oor paisley. Die bruin net voeg dimensie en 'n bietjie ekstra sparkle by. Daar is beweging in my rok, wat beklemtoon word deur die toutjies om my arms . Die goue vlegsels wat orals op my rok, skoene en in my hare is, bring die prentjie tot n eenheid. Ek het n baie spesifieke visie gehad, en Carien Couture het dit tot 'n realitiet gebring!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media