Nina Mentz



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Dit was so ’n groot voorreg om vir Nina ’n matriekafskeid rok te maak! So tussendeur die leer vir die rekordeksamen kon ons bietjie stik en pas en ma-dogter tyd spandeer. Nina wou ’n wit rok hê maar dit moes tog net nie soos ’n trourok lyk nie. Sy wou stylvol, tydloos en elegant lyk, sonder oordadige detail. Sommer met die eerste besoek aan die materiaal winkel het sy hierdie pragtige materiaal met silwer sequins gekry.
Die styl van haar rok is bietjie aangepas van ’n pinterest prentjie – ’n halternek met ’n oop rug, ’n diep v-halslyn, wat styfpassend moet wees met ’n middel-slit voor. Die bietjie blink in die materiaal het gesorg vir die nodige glans en silwer bykomstighede het die prentjie afgerond.
Die rok het Nina se donker gelaatstrekke pragtig gekomplimenteer – sy was gemaklik in haar rok en het behoorlik gestraal en geskitter! Die spierwit volstruisveer-boa het gesorg vir ’n bietjie nostalgie en ouwêreldse romantiek en sjarme. Die eind-prentjie was klassiek, glansend en vars.