Nina Horn



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Nina, my jongste dogter, wou soos 'n prinses voel op haar Matriekafskeid en het sy vir maande gesoek na idees vir haar perfekte rok. Haar gunsteling kleur was nog altyd pienk, so dit was die natuurlikste keuse vir die rok, maar nie sommer enige skakering van pienk nie! Sy het vir Cobus Möller, 'n ontwerper in Windhoek, haar idees voorgelê en saam het hulle vir haar 'n rok ontwerp en materiaal gekies wat perfek by haar sou pas en nog belangriker, wat haar die dag van haar Matriekafskeid soos 'n prinses sou laat voel. Van die eerste aanpas sessie was sy dadelik verlief op haar rok en het ons geweet sy het die regte keuse gemaak. Die finale rok was presies waaroor sy gedroom het. Die dag van die Matriekafskeid het al die elemente van haar hare, juwele, handsakkie en grimering bymekaargekom en het sy, wie gewoonlik baie selfbewus is en nog altyd met haar selfbeeld gesukkel het, gestraal en met tonne selfvertroue op die rooi tapyt gestap. Nina is bekend onder haar vriende en familie as iemand met 'n baie sagte omgee hart en almal het saamgestem dat haar rok perfek by haar gepas het.