Nika Van Der Westhuizen

Hoërskool Pretoria-Noord

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My matriekafskeidrok, gemaak deur Wilma du Plessis van Wilma du Plessis Couture, is 'n ware droomontwerp. Die rok is 'n sagte apricot-rooskleurige skepping met 'n oop rug en delikate dun bandjies versier met fyn pêreldetail. 'n Groot strik agter wat af gehaal kan word gee die rok 'n elegante afronding. Ek het besluit op 'n wye romp van meters se sagte materiaal, wat nie net vol en romanties is nie, maar ook stylvolle sakke aan weerskante insluit. Met 'n subtiele slit aan die een kant, voeg die rok net die regte hoeveelheid speelsheid by terwyl dit steeds elegant bly. Niemand sou die rok kon maak soos Wilma nie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja - Hoërskool Pretoria-Noord

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my matriekafskeidrok was diep gewortel in my liefde vir klassieke ballet en die tydlose elegansie wat daarmee gepaard gaan. Van kleins af het ek groot drome gekoester wanneer ek op die verhoog gestaan het, en ek wou daardie drome op ‘n unieke manier in my rok weerspieël. Die sagtheid van die materiaal, die vloeiende lyne en die kleur was alles inspirasie wat ek uit my dans jare geneem het met so bietjie hulp van Pinterest ook. Ek wou ook graag pêrels deel maak van my rok omdat pêrels in geheel in die Bybel gesien word as simbole van iets wat skoon, waardevol, suiwer en heilig is —beskrywings wat dikwels op die geloof en die beloftes van God toegepas word. Verder was dit vir my belangrik om iets te dra wat nie net mooi vir daardie aand sou wees nie, maar waarin ek gemaklik is en wat vir my sou voel soos ‘n kunswerk wat my verhaal vertel en my persoonlikheid weerspieël.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dit is vir my moeilik om iets uit te sonder van my rok want als was vir my perfek. Maar ek as ek iets moet kies, sal ek sê die pêreltjies en elegante strik.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-11

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media