Nika Geldenhuys

Hoërskool Middelburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek was van die begin van my matriekafskeidrok-reis baie oopkop gewees oor die die verskilende snitte, style en lap wat beskikbaar is. Nadat ek 'n paar rokke aangepas het, het ek gou besef dat my matriekafskeidrok nie in die venster van 'n boutique pronk nie. Ek en, my ouers se goeie vriendin, Tannie Elsabè Steyn, het koppe bymekaargesit en met die ontwerp van my rok vorendag gekom. Tannie Elsabè het sowaar my hart gehoor en my verwagtinge oortref! My rok is elegant, stylvol en klassiek. Dit was nog altyd vir my belangrik gewees om die aand van my matriekafskeid gemaklik te wees sodat ek elke oomblik ten volle kan geniet.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het nog altyd geweet dat ek met 'n groen rok op ons skool se rooitapyt wil verskyn. Die ontwerp van my rok was geïnspireer deur 'n rok, met 'n soortgelyke snit, wat ek gedurende my soektog aangepas het. Om lap te kies is glad nie so 'n eenvoudige taak soos ek gedink het dit sou wees nie. Tannie Elsabè se fyn oog vir ontwerp en detail het daartoe gelei dat ek vanuit 'n wye verskeidenheid kombinasies materiale en skakerings kon kies. Na 'n gewik en 'n geweeg, nuwe kleur kombinasies vorm en elimineer, het ons uiteindelik die perfekte lap vir my rok gekies.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dit is vir my onmoontlik om slegs een deel van my rok uit te sonder. Ek was mal oor my korset gewees. Die lap met die fyn, blink blommetjies het verseker tot die uniekheid van my rok bygedra. Elke keer wat ek geloop het, kon ek nie keer om van oor tot te glimlag as die sleep van my rok agter my wapper en die ligte groen lap, aan die binnekant van my romp, sigbaar word nie. My rok is verseker 'n ware weerspieëling van wie ek is en ek kon my matriekafskeid ten volle in my droomrok geniet. Die feit dat ek nie kan wag om weer eendag my matriekafskeidrok na 'n funksie toe aan te trek nie. spreek boekdele van hoe mal ek oor my rok is!

Datum van matriekafskeid?

2024-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media