Nieke Botha
Trio Hoërskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek wou ‘n helder kleur kies wat vrolikheid uitstraal en daarom het ek op oranje met blomme besluit. My rok is oranje van kleur, met blomme details daarop. Ek het 'n hoë halslyn vir my rok gekies, met 'n skeuring waarmee ek gemaklik kon rondbeweeg. Die lae rug snit van my rok het dit regtig uniek en elegant gemaak. Ek het nog altyd 'n idee gehad van hoe my matriekafskeidrok moet lyk, maar dit het op die ou end 100 keer beter uitgedraai.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Trio Hoërskool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou hê die mense moes kon raaksien hoe my persoonlikheid deur my rok uitgestraal word. Van jongs af is ek geleer om te blom waar jy geplant is, daarom was die blomme 'n sentimentele deel van die rok.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok is die lae rug wat vol verskillende kleure blomme is, asook die handgemaakte materiaal knopies.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-08