Nicola Thomas

Paarl Gimnasium

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Enige meisie droom oor twee goed. Haar troue en haar matriekafskeid. Groot deel van altwee is die rok. Met twee ouer sussies wat al deur hulle matriekafskeid was het ek baie inspirasie gehad vir my Mx afskeid rok. Aanvanklik was ek nie seker watter styl en kleur ek vir my matriekafskeidrok wou hê nie. Ek het van prentjie na prentjie gespring, maar was net nooit 100% oortuig nie. Met net drie weke voor die matriekafskeid het ons die mooiste lap gesien en toe val alles in plek. Ek het baie gemaklik en mooi in my rok gevoel. Wat 'n voorreg om saam met Lena-Lisa my rok te ontwerp; die eind resultaat het my stomgeslaan. My rok se kleur is moeilik om te verduidelik: dit is 'n mengsel van rooi, pienk en oranje. Dit is uniek en pragtig.
Om deel te kon wees van die Matriekafskeid was vir my 'n groot voorreg. Dit was baie spesiaal om die rok, hare en make-up saam my ma en Lena-Lisa te kon beplan en my matriekafskeid was 'n ongelooflike ervaring.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media