Nicola Styger
C&N Meisieskool Oranje
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rooi rok het 'n elegante, vloeiende snit wat my lyf komplimenteer. Die helder rooi kleur straal selfvertroue en lewendigheid uit, terwyl die dubbele gevoude strik agterop 'n tydlose effek uitbeeld. Die rok is vrolik en sofistikeerd wat sag en vleiend voorkom. Die dubbele strik is groot en goed afgewerk en dit gee die rok n unieke effek wat karakter toevoeg. Die detail van die dubbele strik voeg persoonlikheid by en help om verfyning aan die rok te gee.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
C&N Meisieskool Oranje
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my matriekafskeid rok was die 50’s/60’s. Ek is mal oor mode en klere ontwerpe en het goed gedink om 'n rok te skep wat my persoonlikheid en styl weerspieël. Ek wou iets hê wat elegansie en tydloosheid kombineer, met 'n unieke kleur en 'n pragtige afwerking wat my selfvertroue en persoonlikheid uitbeeld op die groot dag.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die gunsteling deel van my matriekafskeid rok is die dubbele strik agter. Dit het vir my uitgestaan van die rok, en die sleep van my rok kan afhak, wat my toelaat om heel aand te dans sonder om te bekommer dat ek daarop gaan trap. Ek kon my bewegings geniet, terwyl ek steeds 'n stylvolle indruk gemaak het.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19