Nicola Steyn
DF Malan



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek wou nog altyd weg bly vanaf die eenvoudige matriekafskeid rokke en wou iets dra waarmee ek gemaklik sou voel om na n gala of “red carpet award show” te gaan. My rok verteenwoordig my persoonlikheid omdat dit uniek, gedetailleerd, vol glitter en dramaties is en n stelling maak. Dit is sag met die blom-details, maar ook gesofistikeerd en modern. Ek wou elegant kon uitstaan op die rooi tapyt en iets gehad het waarna ek sou kon terug kyk na jare en steeds daarvan sal hou omdat dit tydloos is. Dankie aan @manjeefiek_couture vir my gorgeous rok!