Nica Ludwig



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het altyd as 'n jong dogterjie in my ma se kas ingespring en "dress-up" gespeel. Ek het haar rokke (wat soos sakke aan my gesit het) aangetrek en ongebalanseerd geparadeer in haar hakke. Op daardie jong ouderdom het ek daarvan gedroom om daardie grootmens skoene te vul. Ek het daarvan gedroom om as jong vrou outentiek, sterk en sonder verskonings te leef. En nou 14-jaar later vir presies daardie rede is my jonger self my rolmodel.
Ek hoop ek kon haar, my jonger self, trots gemaak het met hierdie asemrowende mooi rok, ontwerp deur Carike Nel. Jy en jou span was woordloos merkwaardig. My rok weerspieël my andersheid en my absolute tevredenheid met wie ek, Nica Ludwig, is.
Dankie aan elkeen wat my jong dogterjiedroom waar gemaak het. Ek weet die lewe is nie altyd 'n sprokiesverhaal nie, maar vir hierdie besonderse dag het alles perfek gevoel.
Grimering: Riani Roets
Fotografie: Lali's Photography