Nica Griessel
Hts Drostdy
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek is gelukkig om al baie aandrokke te kon dra. Ek wou ń anderste styl hê. Dit was ook vir my baie belangrik dat ek heelaand gemaklik moet wees. Die bokant van my rok het ek nog nie gesien by danse en funksies wat ek al bygewoon het nie.Die voue aan die bokant het ek baie van gehou. Toe die rok amper klaar was het my ma voorgestel ons herhaal die silver detail wat by die blomme is by die voue.
Die rok se romp deel moes ook nie te styf of te los wees nie,gemaklik was die wagwoord. Dit was perfek.Die spleet se detail het so mooi uitgekom ek het baie daarvan gehou. My ma het elke blom uit net uit gemaak en die silver detail per hand opgewerk Ek het n̈ romp ook gehad. Dit is gemaak van sagte net. Dit was so mooi vir die foto's. Ek het met dit ingeloop,toe die dansbaan open het ek dit uitgetrek.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
HTS Drostdy
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou van die begin af n̈ helderkleur hê,so hoe helder hoe beter was my inspirasie. Ek het aan die begin gedink ek soek oranje. Na baie materiaal winkels se deurloop en soek kon ek nie die regte oranje kleur vind nie. My ma sê toe ons moet geel oorweeg. Dit was vir my dadelik baie mooi. Ek wou n rok hê wat anders sou wees as ander meisies sin, wat by my persoonlikheid pas en wat die mooiste aan my sou lyk. Die blomme idee het ek vanaf ń foto op Pinterest gekry en van daar af het ek geweet ek moet blomme deel van my rok maak. Die bo kant het ek gekies deur n inspiration om iets te doen wat ek nog nie voorheen gesien het nie.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die bokant was iets anders en nog min gesien by matriekafkeidrokke. My ma het n̈ bietjie gesukkel met die patroon,al maak sy al jare rokke was hierdie iets nuut vir haar. My pa het gehelp om die patroon van die bokant te maak.Ek en my ma sê nou,het hy ook ń aandeel aan my rok gehad.
Ek wou van die begin af blomme op my rok gehad het. Die sagte net bomme was ook ń gunsteling.
Dit was vir my baie spesiaal dat my ma my rok kon maak. Ons vertaan mekaar so goed en alles het seepglad verloop.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19