Nevellia October
Hoerskool Hermanus
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My matriekafskeidrok rok is ontwerp deur n plaaslike ontwerper Erique Contempory Design. Van kleins af ek ek gedroom oor hie my matriekafskeid rok gaan lyk. Ek teken toe hoe ek dit sien al op die laerskool. In Graad 10 teken ek weer my matriekafskeid rok en albei kere teken ek dieselfde rok. Met my afspraak by die ontwerper Erique Martin pas en meet die hele dag lank verskeie materiale volgens my figuur en gelaat. Laastens teken Erique vir my n voorbeeld in sy boek van watter tipe rok style by my figuur sal pas. En sowaar een van rok idees beland toe ook daar onder een van sy sketse. Ek vertel toe vir hom dat ek al van kleins af my eie rok ontwerp het op papier en later in Graad 10 weer en dat hierdie rok presies dieselfde ontwerp is soos ek my prentjie in my kop gehad het. Vandaar het Erique toe my droom op papier waar laat word deur een van die perfekste, pragtigste skeppings te ontwerp, my matriekafskeidrok. Na vele lang ure se pas en meet sessies by Erique was ek uit die veld geslaan die dag wat ek my laaste pas sessie gehad het ek kon my trane nie keer van al die blydskap omdat hy uiteindelik my kinderdroom bewaarheid het nie. Ek is ewig dankbaar aan Erique Contempory Design vir die puik diens, die vroeg tot laat sessies wat ons ingesit het om my my soos n prinses te laat lyk het. My hele matriekafskeid tema was n prinses tema van die skemerkelkie uitnodigings, die rok, kroon en die koets, natuurlik moet n prinses n koets he.
SARIE baie dankie vir die geleentheid om deel te kan neem aan hierdie kompetisie.
Nevellia October
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My ontwerp was n kinderjare droom wat net
nooit weggegaan het nie. Ek het aanhou oor die jare dieselfde rok oor en oor geteken in my boeke. Ek wou net die mooiste prinses wees dis al.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My rok het n 'reveal' gehad en dit was die beste deel. Wanneer ek die 'reveal' los knip van my lyf af kom daar n heel ander rok na vore.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19