My gunsteling kleur is blou en ek is n natuurlike persoon. My ma het die rok gemaak en ontwerp, sy is n tekstiel en mode ontwerper (Wiebke Biemond). My ma ken my persoonlikheid en weet wat my rok moes projekteer- iets nuut, vars en natuurlik. Die materiaal het ons laat druk om dit die uniekheid en eerste van sy soort van ontwerp te maak.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Die Hoërskool Wagpos
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Vandat ek klein was, is ek rondom perde en ek het altyd op televisie die Camargue perde van Frankryk bewonder (wit perde in see op rok). My matriekafskeidrok is n uitbeelding van my passie vir perde en hul grasie. Perde is my lewe.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok was om die foto's van die wit perde in die see te kry, dit moes natuurlike skoonheid en WOW vir die lewe uitbeeld. My perde is net so mooi! Die moue en los hare weerspieël die wind, see en perde se maanhare wat waai.