Nelke Bezuidenhout
DF Malan Hoërskool
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is die tipe rok wat die woorde ,elegant, klasiek, uniek, asemrowend en wow eggo. Dis nie net die ontwerpkeuse wat die rok so besonders maak nie , maar ook die eksotiese materiaal met die geditaleerde patrone. Dit is wat my rok laat uitstaan. Dit is wat die rok laat skyn en aan die lewe bring. Tog sonder my ontwerpkeuse, sou die rok nie uniek wees nie. Die nie-simmetriese effek van die rok en die lang slee dra by tot die uniekheid daarvan en die dramatiese effek ,wat mense verstom slaan.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
DF Malan Hoërskool
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Vanaf die oombkik wat ek in graad 8 by hoerskool DF Malan ingestap het, was die bewondering van al die matriekafskeidrokke vir my n hoogtepunt. Elke dogter droom van daardie oomblik waar jy met jou sprokies rok die rooi tapyt afloop. Ek wou graag n rok ontwerp wat my persoonlikheid weerspeel, waarin ek gemaklik voel en wat die woord “wow” uitstraal. My inspirasie was nie net die feit dat ek n groot indruk wou skep nie, maar dit het wel ook van rolmodelle soos Natasha Joubert (Mej.SA 2023) gekom.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My heel gunstelling deel van my rok was die feit dat daar klien blommetjies op die materiaal was, juis omdat my naam( Nelke ) blommetjie in Nederlands beteken. Dit is wat die rok so spesiaal en na aan my hart gebring het.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19