Neline Saayman

Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Van die begin af wou ek 'n Victoriaanse korset met mosaiekspieëltjies wat soos 'n legkaart stuk vir stuk pas, gehad het, om 'n beeldskone rok te vorm wat mense sal stom slaan en vele herinneringe sal herroep. Die silksatyn materiaal aan die onderkant gee die effek van 'n balsaal rok wat vir 'n ewigheid kan dans en draai. Die rok is 'n bloedrooi kleur wat in 'n skare van duidende gesien kan word en my die selfvertroue gee wat ek vir die eerste maal werklik kon voel in 'n lang tyd.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie kom van die superheld, 'Iron Man' af en jare se soektog na die perfekte ontwerp vir 'n rok wat my persoonlikheid pas soos 'n handskoen.'n Rok wat my jong onskuld bewaar, maar wat misterie koester.Die bloedrooi rok pas by my sneeuwitjie velkleur en die mosaiekspieëltjies lyk soos die dele van Iron Man se 'supersuit'.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die bostuk se noukeurige, fyn geometriese legkaart is my gunsteling deel, want dit is een in 'n miljoen.Ek het nooit gedink om 'n diskobal te wees sou sulke aangename ervaring wees nie. Die bostuk beklemtoon my vroulike figuur en skyn soos 'n pêrel in die son. As ek gedans het op die dansvloer,het dit gevoel asof die korsetdeeltjies soos konfetti is wat grond toe fladder. As 'n mens na die rok staar dan is die eerste deel wat kop bo water uitstaan, die bostuk!

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media