Natasha Stander
Hoërskool Durbanville
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Vanaf graad 8 het ek daarvan gedroom om soos 'n prinses op my matriekafskeid te voel. Ek het prentjies bymekaar gemaak oor die styl van my rok en laasjaar dit vir tannie Lana gaan wys. Saam met tannie Lana, my ma en suster het ons planne gemaak om hierdie droom te verwesenlik. Ek wou 'n korset bostuk hê; omdat ek 'n dun middeltjie het. Verder moes my rok sag vloei en groen is my gunsteling kleur.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Durbanville
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Inspirasie is die krag wat ons aanmoedig om ons drome en aspirasies na te streef, en dit het 'n belangrike rol gespeel toe ek na aandrokontwerpe begin kyk het. Ek het 'n hele paar aandrokke aangepas en ek het 'n gevoel van verwondering en opwinding ervaar elke keer wat ek 'n rok met 'n korset aangepas het. Die verskeidenheid kleure, materiale en style het my verbeelding geprikkel, maar elke keer het ek teruggegaan na my eerste keuse.
My matriekafskeidrok moes 'n verhaal vertel, 'n emosie van my as persoon uitdruk en ek wou die wêreld rondom my vergeet as ek daardie rok oor my kop trek. Selfvertroue moes my om-arm en ek wou hê mense moes my met nuwe oë aankyk.
Terselfdertyd wou ek uit my gemaksone klim en 'n bietjie lyf wys.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Daar is nie 'n spesifieke deel van my rok wat bo die ander dele uitgestaan het nie. Die hele rok het my selfversekerd en mooi laat voel. Ek kon net nie ophou glimlag nie. Ek het soos 'n model gevoel.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19