Nadja Watney

Helpmekaar Kollege

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou graag 'n klassieke, tydlose rok gehad het. Ek verkies eenvoud bo tierlantyntjies en elegansie bo uitspattigheid.

Ek het 'n basiese foto bekom vanaf Pinterest en aan die ontwerper, Rihette Muller van 39 Dresses, verduidelik wat my idee was. Met 'n paar aanpassings en sketse het sy my idee van 'n droomrok in 'n japtrap begryp en laat realiseer.

Ek het dieprooi gekies om my vel- en haarkeur te komplementeer. Rooi laat my "lewend" lyk en voel – en dit is ook 'n voortsetting van my persoonlikheid – ek is vol lewenslus en borrelend.

Die sagte, ryk tekstuur van die zara satyn het die romp van die rok vloeiend en sag laat hang en daar is lae net ingesit om volheid en volume te verleen.

Die bostuk is noupassend en die "Cowl neck" het weereens sagtheid verleen.

Die rok se rugkant is vierkantig gesny en verder is die oop rug beklemtoon met 'n ry goue knopies, om ekstra glans te verleen.
My idee was om 'n gesofistikeerde, elegante en klassieke "look" oor te dra met my rok , en dit is ook hoe ek gevoel het in my rok!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media