Nadine van Wyk

Hoërskool Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek is gek oor die kleur wit!
Dis so skoon en dit gee my rustigheid veral as ek dit self dra.

Ek wou baie graag 'n wit matriekafskeid rok hê, maar die koningsblou blomme wat daarmee gepaard gaan bring die karakter van die rok uit. Die twee kleure komplimenteer mekaar en dit weerspieël my persoonlikheid…goedhartigheid met omgee en liefde, maar dit kom met 'n taai skil wat nie terugstaan vir uitdagings nie.

Ek het die rok self ontwerp, maar my wonderlike ma het die rok gemaak. Dit was baie pret om die reis van begin tot einde saam met haar aan te pak, want as daar 'n fout was was sy meer as bereid om dit reg te maak sodat ek op die dag van die matriekafskeid soos 'n prinses kon voel. Daar was lag en ek het dalk 'n traan of twee gepik te danke aan die kopspelde wat deursteek verkeerde kant toe.

Die eenvoudige silwer juwele en my gekrulde hare het die prentjie mooi afgerond.

Die algehele ervaring was beslis iets wat jy net eenmaal in jou lewe sal beleef en kan geniet.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media