Nadia Roets

Hoërskool Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou iets eenvoudig, treffend, elegant en vroulik gehad het wat dadelik 'n indruk sou maak. Dit was vir my belangrik dat my persoonlikheid deur my rok weerspieel word. Sterk maar vroulik. Die kleur was 'n mengsel tussen rooi en roosgoud wat terselfdetyd 'n sterk maar tog sagtheid geskep het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Waterkloof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

‘n Bietjie inspirasie van Marilyn Monroe en die 1950's se mode. Ek wou weg beweeg van die tradisionele stywe blink rok en het'n rok gesoek waarin ek gemaklik sou voel en maklik in kon beweeg. As een van slegs 2 meisies wat Siviel as vak gehad het, was dit soms moeilik om te wys dat in 'n klas vol seuns ek my plek kan volstaan, maar dat ek dit ook kan doen met grasie en vroulikheid.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die feit dat dit nie ’n vol lengte rok was nie, maar ’n rok net tot bo my enkels. Die "vol" onderdeel van my rok het my waarlik spesiaal laat voel. Die blomme op die een skouer strappie wat blomme opgehad het, het ook daardie ekstra tikkie vroulikheid verleen.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media