Nadia Fouche

Sekondêre Meisieskool Oranje

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Geel en goud… Dit was eerste my keuse van dat ek kan onthou vir my matriekafskeidrok se kleur. My tannie het die pragtige goue lap vir my Bloemfontein toe gestuur, nadat ons dit aanlyn gesien het. Ons moes toe net die "geskikste geel" gaan soek het wat daarby gepas het. Die idee van hoe die rok moes lyk was net 'n prentjie in my kop, maar saam met tannie Jolandi Heckroodt wat my rok gemaak het, het ons koppe bymekaar gesit om my droomrok te ontwerp. 'n Pragtige "Tuscan Yellow" rok wat perfek by my tipe styl en persoonlikheid pas, gemaklik stylvol met net genoeg blink… en waarin ek gemaklik die hele aand deur kon dans.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media