Nadia Claassen

Paarĺ Gimnasium

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het gekies om buite die boks te gaan met my matriekafskeidrok. Alhoewel dit 100% by my pas sou dit nooit die styl gewees het wat ek elke dag kies nie. Cindy Bam is die ontwerper van my beeldskone rok en sy het my werklik soos n million dollar laat voel. Cindy doen altyd alles in haar vermoë om jou rok so perfek as moontlik vir jou te kry en sy dring aan op detail en styl ! My hele rok is n unieke blou kleur met n sagte glitter glans. Die kleur van my rok het nie ooreengestem met enige ander blou rok nie oor die feit dat dit n hand-dyed rok is. Die stralende blou rok reflekteer my sonskyn persoonlikheid en dit het my beslis laat uitstaan bo die res !

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media