Nadia Botha
Kuswag Skool



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My visie vir my rok was dat dit iets moet wees wat koppe sal laat draai en dat my rok uniek en elegant moet wees.
Ek wou gehad het dat my rok my persoonlikheid sal uitbeeld en my hart gelukkig sal maak. Ek en my ontwerper, Madelain Clark, het saam gewerk om my visie voort te bring. Vandat sy my die eerste skets gewys het van my rok, het my hart dadelik gelukkig geraak en die materiaal van my rok het my verstom gelos.