Maruché Smith



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My droom was nog altyd om op hierdie spesiale aand van "my matriekafskeid" op my mooiste, elegantste en dan natuurlik sag en vroulik te lyk en te voel.
Ek het 'n nude "earth" kleur materiaal gekies, omrede ek hou van eenvoud en 'n sagte kleur wou hê. Ek wou ook 'n rok hê met nie te veel detail en tierlantyntjies nie. My rok is volgens my idees en voorkeure gemaak. Ek glo daar is beauty in simplicity.
My grimering en naels het heeltemal in skakeer met my rok se kleur en 100% daarby gepas. Soos hulle sê die vere maak die voël, maar ek glo jou rok moet jou persoonlikheid weërspieël en ietsie van jou vir die mense gee, sonder dat hulle jou hoef te ken. My rok het my geshowcase, volmaak gepas en my laat voel asof ek in ‘n sprokieswêreld is. My “last dance” van my Hoërskool loopbaan was volmaak.