Alexis Düring



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek gaan eerlik wees, so moeilik soos wat dit was om op 3 fotos te besluit, so moeilik was dit vir my om my rok te ontwerp. Ek wou iets gehad het wat uitstaan, wat spesiaal en persoonlik was vir my. Pers was nog altyd die kleur vir my, want ek het geweet hoe mooi dit by my blou oë en ligte vel sou pas. Ek het toe besluit dat blomme wat by my rug opgroei die beste en uniekste keuse was vir my matriekafskeidrok. Die volledige prent van my rok wys vir mense hoe ek in my 5 jaar op hoërskool gegroei het tot in die jong dame wie ek vandag is, met ‘n tak vol blomme wat by my rug opklim vir elke jaar. Ons het toe besluit om my rug elegant af te rond met die mooiste pêrels, voordat die blom-plant afbeweeg met my rok en soos wortels versprei, om voor te stel hoe die Here my gegrond het tydens al my struikelblokke wat ek moes aanpak gedurende my hoërskool loopbaan. Die blomme wat by my rug opklim, groei oor my skouers en konnekteer voor met die mooiste en mees gedetailleerd deel van my rok, wat die volle prent en boodskap agter my matriekafskeidrok net meer ondersteun. My rok was en is my trots en ek het dit baie geniet om soos ń prinses te voel. My 6-jarige self wou net heel aand in die rondte draai.